Edwill van Aarde is gebore op 20 Desember 1938 in Kimberley en is gister, 3 Januarie 2024 oorlede.

Hy het groot geword in die klein dorpie Boetsap en was ‘n leerder van Hoërskool Diamantveld vanaf

1953-1957.

Mnr van Aarde was alombekend deur die groot hoeveelheid televisie programme en sport wedstryde wat hy aangebied en uitgesaai het. Mnr van Aarde het 517 krieket wedstryde, 134 rugby wedstryde, 12 comrades marathons en 5 Wimbledon wedstryde uitgesaai. Hy was ook aanbieder van die destydse beroemde vasvrae program, Flink Dink waarvan hy later die navorser en organiseerder geword het.

Hy was nie net bekend op die kassie nie, maar sy stem kon ook gehoor word op die radio. “Die grootste treffers in Suid-Afrika” is aangbied deur Mnr van Aarde en het luisteraars 40 jaar lank vermaak.

Rus in vrede Mnr van Aarde.

#trotsdiamantveld