Die Klippies van volgende jaar het hierdie naweek ‘n rugby- en netbaloefenkamp by die skool bygewoon. Gedurende die kamp is verskeie bewegings, taktieke en vaardighede aan die seuns en dogters geleer, met die oog op die uitdagende en opwindende program wat volgende jaar voorlê. Ons rig ‘n spesiale dankwoord aan al die toegewyde afrigters wat hierdie oefenkamp moontlik gemaak het. Julle toewyding en passie lê die grondslag vir ‘n suksesvolle seisoen! #trotsdiamantveld
#netbalnuus
