In samewerking met Hoërskool Robertson, hou ons jaarliks fondsinsameling projekte vir die skool. Die jaar was dit ons beurt om in Robertson te gaan kuier en dit was voorwaar ‘n heerlike ervaring. Baie dankie aan BB Motors Kimberley wat die vrymoedigheid gehad het om vir ons die nuwe Haval Jolion te borg om te sorg dat ons veilig op die pad was. Baie dankie aan JP en sy span van BB Motors vir die uitstekende voertuig wat julle beskikbaar gestel het vir ons, asook aan Hoërskool Robertson vir die gasvryheid wat ons ervaar het. #trotsdiamantveld
