Op 22 en 23 Februarie was dit na baie geswoeg en gesweet, tyd vir ons jaarlikse Klipkonsert. Hierdie jaar het die Klippies se konsert vir veel meer as vermaak gesorg: die waardes van die skool is uitgebeeld en met die gehoor gedeel deur die oë van Mike (Hanco Klopper), Boo (Gia Johnson) en Tekkies (Miné Kriek), wat op ‘n soektog na ‘n goeie skool gegaan het. ‘n Spreekkoor vergesel hulle op die reis. Tussendeur die soektog is die gehoor vermaak met danse- en natuurlik het die konsert geeindig met ons eie Stukkie van der Merwe! Marné Loubscher en Ronald Graven is as Mnr en Mej Klippie gekroon. Baie dankie aan Mevrou Laudine de Wet, Me. Liz-Marie van der Westhuizen, die SK onder leiding van Juf Alexander, asook die graad 8’s saam met Mnr Kirsten wat vir ‘n onvergeetlike konsert gesorg het. #trotsdiamantveld