Baie geluk aan Minette Krüger wat’n silwer medalje verwerf het tydens die Afrika Kontinentale Stoei Kampioenskappe. Sy het aan die dames Vrystyl O/17 in die 65kg kategorie deelgeneem. Die dames het algeheel 3de geëindig in Afrika, wat ’n eerste is in die afgelope 10 jaar.
Minette Krüger is ook ingesluit in die Noord-Kaap gemengde gevegkuns span. Hierdie span het deelgeneem in Brakpan, Gauteng, op 21 Mei 2022. Minette het ‘n goue medalje verwerf in die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe van 2022.
Baie geluk met die puik prestasies Minette!
#trotsdiamantveld











