Sewe van ons leerders is ingesluit in die Noord-Kaap span wat deelgeneem het aan die SAFSAFF Nasionale Kampioenskappe in Kaapstad. Dit het plaasgevind vanaf 24 tot 26 Junie 2022. WB van Dyk, Kendra Wagener en Ashley van der Westhuizen het in die Outlaw span deelgeneem en het ‘n algehele 10de plek behaal. Milan Snyman, Caitlin Kühn, Sheri Smith en Eliz-Mari Stegman het in die Fusion span deelgeneem en het ‘n algehele 9de plek behaal. Baie geluk met die goeie prestasies. #trotsdiamantveld
