TRAIL VERBIER ST BERNARD Hardus het op 10 Julie aan die Trail Verbier St Bernard se 26km wedloop deelgeneem. Dit was 1700m hoogte toename oor voetpaadjies in die Switserse Alpe. Sy tyd was 3:41:43 en hy was die 3de atleet in die onder 18 kategorie. Hy was 47ste van 507 atlete wat deelgeneem het. Die wedloop is deel van die UTMB World Series en geld as kwalifisering vir die 2023 Trail Running Wêreld kampioenskappe in Chamonix, Frankryk. BREITHORN Hardus het ook op 6 Julie sy eerste ysberg met ‘n yspik en crampons geklim. Die Breithorn is 4164m bo seevlak naby Zermatt, Switserland en met permanente gletsers bedek. Hy moes die hele tyd ‘n harnas dra en vasgemaak met toue as deel van ‘n span klim om te verhoed dat hy in’n gletserskeur val. Sy ouers en sy sussie, Frances (DHS 2020) was deel van die span. Sover bekend, is hy die eerste DHS leerder wat so iets doen. Ons is verskriklik trots op jou Hardus! #trotsdiamantveld