Hoërskool Diamantveld het drie spanne ingeskryf vir die Hartswater Top 20-byeenkoms, naamlik die Geelspan, Blouspan en Navyspan. Die Geelspan het as oorwinnaars uit die stryd getree en die Hartswater Top 20-byeenkoms gewen. Diamantveld se seuns- en dogtersspanne het geseëvier by die Super Schools “Track and Field”-byeenkoms. Hierdie spanne sal aan die einde van April deelneem aan ‘n byeenkoms waar al nege provinsies se top 20-spanne teen mekaar gaan meeding. Lehané Lategan is aangewys as die beste dogtersbaanatleet in die O.15-afdeling. Danika Roets het die toekenning ontvang vir die beste dogtersveldatleet in die O.17-afdeling. Mieke Smit is bekroon as die beste dogtersbaanatleet in die O.17-afdeling. Baie geluk aan al die atlete en spanne met hierdie uitmuntende prestasies! #trotsdiamantveld