🏆 Diamantveld se tweekamp-atlete het onlangs aan die Griekwas SA’s kwalifiserende byeenkoms deelgeneem en uitstekende uitslae behaal. Ons atlete het nie net individueel uitgeblink nie, maar ook as span hul merk gemaak. 🥇 Individuele Uitslae: Elizabeth Opperman – 3de Stian Mostert – 3de Louis Lategan – 2de 🥈 en wen die trofee vir Beste Hoërskool Seunsatleet Theodore Opperman – 4de Sameul Grobler – 5de Lehane Lategan – Wedloop nie voltooi nie Ruben Grobler – 5de Nika Botma – 6de 🏆 Spanprestasie: Diamantveld is aangewys as Beste Hoërskool algeheel en het die gesogte trofee huis toe gebring. 🇿🇦 Gekies vir die Griekwas-span: Die volgende atlete is opgeneem in die Griekwas-span wat op 21 Maart in Oudtshoorn aan die SA Kampioenskappe gaan deelneem: Theodore Opperman Stian Mostert Sameul Grobler Louis Lategan Lehane Lategan Elizabeth Opperman Ruben Grobler Baie geluk aan elke atleet met hul harde werk en deursettingsvermoë. Diamantveld bars van trots! 💎🔥 #trotsdiamantveld