Baie sterkte aan Melay Pretorius wat gedurende die vakansie aan die All Africa Kampioenskappe in Egipte gaan deelneem!
Na afloop van die Kampioenskappe gaan Melay ook aan die wêreldkampioenskappe van 5 – 13 Oktober deelneem wat ook in Egipte plaasvind.
Melay, ons is ongelooflik trots op jou en wens jou alle voorspoed toe. Geniet elke oomblik en gee jou beste!
Die hele Diamantveld-familie staan bankvas agter jou!
#trotsdiamantveld











