🏆💎💎🏆 Wat ’n ongelooflike rugbyseisoen vir Diamantveld! 🔥🏉 Ons o/15B, o/16A, o/16B, 3de, 2de én 1ste span het vanjaar almal met die louere weggestap deur hul onderskeie ligas in die Wesgrow Reeks te wen! 🥇 Hierdie puik prestasies beteken dat Hoërskool Diamantveld as die ALGEHELE RUGBYKAMPIOENE van die Wesgrow Reeks gekroon is vir die derde agtereenvolgende jaar! 🏆💎 Baie geluk aan elke speler, afrigter en ondersteuner wat deel was van hierdie besonderse seisoen. Julle harde werk, trots en deursettingsvermoë het vrugte afgewerp. #trotsdiamantveld Wesgrow Sentrale Skole Sportreeks SuperSport Schools Rugby