🏉💎 Baie geluk aan ons Diamantvelders wat uitstekend presteer tydens die Craven week! ⭐ Heinrich Swart is aangewys as Speler van die Wedstryd in Griekwas se 43–29-oorwinning oor die Pumas. Heinrich het ook twee uitstekende drieë gedruk en ‘n groot rol in die oorwinning gespeel. 💪 Ons is ook ongelooflik trots op MG van Greuning, wat die Griekwas-span as kaptein met groot onderskeiding gelei het in hul oorwinning in Port Elizabeth. 🔥 Tyler Campher het ook sy merk gemaak deur ‘n indrukwekkende driekuns aan te teken. Baie geluk aan julle drie! Julle is ware ambassadeurs van Hoërskool Diamantveld. Ons is ongelooflik trots op julle prestasies! #Cravenweek #trotsdiamantveld