🏏💎 Gisteraand het ons amptelike Krieket Lotingsfunksie plaasgevind ter voorbereiding van een van die hoogtepunte op ons krieketkalender! Dit was ’n besondere aand saam met ons borge, skeidsregters, verteenwoordigers van die deelnemende skole, skoolhoofde en die ouers van ons 1ste krieketspan. ’n Spesiale woord van dank aan ons hoofborg, Wildeklawer Sport, vir hul waardevolle ondersteuning en betrokkenheid. Sonder ons borge en vennote sou ’n toernooi van hierdie omvang nie moontlik wees nie. Met die loting afgehandel, is die wedstryde bepaal en die opgewondenheid bou behoorlik op! 🔥 Diamantveld open die toernooi op Donderdagaand, 8 Oktober, teen Kempton Park op die Diamond Oval. Ons sien uit daarna om van die land se top krieketskole in Kimberley te verwelkom vir vier dae van uitstekende skolekrieket, goeie sportmanskap en onvergeetlike oomblikke. Die loting is gedoen. Die spanne is gereed. Nou is dit tyd vir krieket! 🏏💎 #trotsdiamantveld Absa Wildeklawer Sport Wildeklawer Sport