🏏🪙🔥

Die opwinding is groot by die Diamond Oval in Kimberley!

Die loot tussen Hoërskool Hans Moore en Potchefstroom Volkskool het pas plaasgevind. Dié twee spanne pak mekaar in die eerste van twee opwindende wedstryde wat vanaand op die Diamond Oval aangebied word.

🏆 WILDEKLAWER Diamantveld Kriekettoernooi 2026

Sterkte aan albei spanne! Mag dit ‘n aand vol uitstekende krieket wees!

#trotsdiamantveld
Wildeklawer Sport

Die tweede wedstryd van die aand is Diamantveld teen Kempton Park om 20:00.