Diamantveld se 1ste Krieketspan het ’n uitstekende oorwinning van 102 lopies oor die Kalahari Eagles behaal! 💎🔥
Diamantveld het eerste gekolf en 276/9 in 50 beurte aangeteken. Die uitblinkers met die kolf was Michael Nieuwoudt – 48 (66), Francois Hattingh – 44 (39)* en Francois Holtzhausen – 40 (25).
Die Kalahari Eagles is daarna vir 174 in 39.1 beurte uitgeboul. Met die bal het Francois Holtzhausen 3/31, Fourie Smit 2/19 en Hanru Rademeyer 2/30 geneem.
👏 DHS wen met 102 lopies!
Baie geluk, manne! ’n Sterk vertoning met beide kolf en bal.
#trotsdiamantveld











