Vandag word daar fees gevier, want ons vier ons mooie Diamantveld se 88ste bestaansjaar. Om hierdie mylpaal te vier het ons vandag behoorlik makietie gehou. Die nuwe hoofleiers het hulle intree toesprake gelewer, Barco Scheffer het sy erekleure baadjie verower en die nuwe verteenwoordige raad van leerders het hulle name vasgepen op papier om deel te raak van die geskiedenis van Diamantveld. Michaela Beukes en Enrico Lubbe, hoofleiers in 2018, was die gassprekers en het virtueel ingeskakel om die nuwe graad 8’s en matrieks toe te spreek. Dankie vir elke ouer, erelid en leerder wat hierdie dag saam met ons kom vier het. A POSSE AD ESSE #trotdiamantveld
