Diamantveld het kragte gemeet met Hoërskool Sentraal in Bloemfontein in ‘n T20-wedstryd. Ons het eerste gekolf en ‘n indrukwekkende totaal van 249 vir 4 aangeteken. Hanru Rademeyer het een van die vinnigste honderdtalle in skolekrieket behaal met ‘n briljante 105 lopies van slegs 26 balle. Sy honderdslaggemerk het 16 sesse en 1 vier ingesluit. Benjamin Potgieter het ook ‘n waardevolle bydrae gelewer met 66 lopies van 40 balle. Sentraal het dapper teruggeveg, maar kon nie die teiken in die toegelate 20 beurte bereik nie en het 177 lopies aangeteken. Diamantveld wen die wedstryd oortuigend met 73 lopies! Baie geluk manne! #trotsdiamantveld