Ons krieket spanne het gister te staan gekom teen Hoërskool Noord-Kaap by hulle tuisveld. Daar was gemengde welslae. Die O/15 span het in moeilike omstandighede die wedstryd gewen met 5 paaltjies. Francois Holtzhausen was die man van die wedstryd met ‘n goeie vertoning met die bal. Hy neem 6 paaltjies vir 14 lopies in die 5 beurte wat hy geboul het. Die 1ste span het eerste gekolf en teken 155 lopies vir die verlies van 4 paaltjies aan. Hoërskool Noord-Kaap het goed gekolf en wen dus die wedstryd met 4 paaltjies. Die top presteerders was Kaiden van Wyk wat 60 lopies aangeteken het en Luhan de la Rey wat 2 paaltjies geneem het vir 33 lopies. Julle het goeie veggees gewys manne! #trotsdiamantveld