Diamantveld kraai koning in ‘n naelbyt-stryd teen Fichardtpark.

Op 12 Februarie durf Diamantveld en Fichardpark mekaar die stryd aan in ‘n onvergeetlike krieketwedstryd.

Diamantveld kolf eerste en

teken 211 lopies vir die verlies van 5 paaltjies aan in die toegelate 20 beurte. Nathan Baird kolf skitterend en teken ‘n welverdiende 102 lopies aan van 52 balle. Simon Liversage kolf ook goed en teken 78 lopies aan van 41 balle.

Fichardtpark staan egter nie terug nie en met ‘n goeie terugveg poging teken hulle 207 lopies aan vir die verlies van 7 paaltjies. Danie van der Merwe en Kaiden van Wyk neem elkeen 2 paaltjies terwyl Simon Liversage ook bydra met ‘n paaltjie.

Diamantveld wen met 4 lopies.

Al die spelers sit hul beste voet voor om dié wedstryd onvergeetlik te maak! Welgedaan.