Die volgende atlete het deelgeneem aan die Atletiek Suid-Afrika Kampioenskappe vanaf 30 Maart 2022 – 2 April 2022 in Potchefstroom. Hier volg die uitslae: Mari du Raan – O/18 Gewigstoot, 11de in die finaal. Carmen Louw – O/18 800m, 8ste in die uitdunne. Ulani Uys – O/18 100m, 7de in die uitdunne. Megan Liebenberg – O/16 Hamergooi, 9de in die finaal. DC Beaton – O/16 Hoogspring, 11de in die finaal. Danika Roets – O/16 Hamergooi, 9de in die finaal. Ruan le Roux – O/20 Hamergooi, 4de in die finaal. Gareth Bosman – O/20 Hoogspring, 6de in die finaal. Janes Labuschagne – O/18 400m, 7de in die finaal en in die 200m eindig hy 3de in die semi-finaal. Harry I’ons – O/18 Spiesgooi, 10de in die finaal. Driaan Jacobs – O/16 Spiesgooi, 13de in die finaal. Baie geluk aan elke atleet wat deelgeneem het! #trotsdiamantveld