Op 15 Oktober 2022 het ’n paar van Diamantveld se atlete deelgeneem aan die Grey/Oranje byeenkoms te Bloemfontein en het as volg presteer: Megan Liebenberg – Dogters O/14, Gewigstoot, behaal ‘n 7de plek en ‘n 2de plek in die Hamergooi. Danika Roets – Dogters O/14, Hamergooi, behaal ‘n 1ste plek. DC Beaton – Dogters O/14, Hoogspring, behaal ‘n 4de plek. Theuns Janse van Rensburg – Seuns O/15, 800m, behaal ‘n 5de plek. Carmen Louw – Dogters O/16, 800m, behaal ‘n 3de plek. Harry I’ons – Seuns O/16, Spiesgooi, behaal ‘n 1ste plek. Hardus van der Merwe – Seuns O/17, 800m, behaal ‘n 3de plek. Janes Labuschagne – Seuns O/17, 100m en 200m, behaal ‘n 3de en 1ste plek onderskeidelik. Maricelle Kruger – Dogters O/19, 800m en 1500m, behaal ‘n 1ste en ‘n 2de plek onderskeidelik. Ruan le Roux – Seuns O/19, Hamergooi, behaal ‘n 2de plek. Geluk met die goeie prestasies! #trotsdiamantveld