Dit was voorwaar ‘n Amazing Race! Te danke aan Hoërskool Diamantveld Netbal en Brunettes Realtors is nagenoeg R700 000.00 ingesamel met hierdie prettige geleentheid. Die fondse is as volg verdeel: Sally Aucamp Tehuis – R350 000.00
DHS Netbal – R225 000.00
Droogtehulp – R125 000.00 Dit is egter nie al nie. Die wenner van die rooi Chery wat alombekend was die laaste paar maande in Kimberley is gewen deur Mnr. C. du Toit. Baie geluk aan Mev. Brunette en Mev. Myburgh wat agter die stuur gesit het van die massiewe projek. Julle is #trotsdiamantveld
