31 Januarie 2023, was vol opwinding langs die swembad. Die klasse het teen mekaar meegeding om te bepaal wie die beste swemmers en die meeste gees het. Aan die einde van die dag het die Graad 12B’s die meeste vernuf in die water en op die pawiljoen getoon en met die louere weggestap. Baie dankie aan al die personeel en kinders wat ‘n sukses van hierdie dag gemaak het. #trotsdiamantveld
