Baie geluk aan Simon Liversage wat ingesluit is in die SA Skole Colts span. Simon is een van twee spelers van die Noord-Kaap wat die prestasie behaal.

Simon het ‘n fantastiese

toernooi gehad waar hy ‘n totaal van 329 lopies gemoker het van 284 balle. Hy behaal ‘n gemiddeld van 65.8 en teken die meeste lopies aan op die toernooi. Die hoogtepunt was Simon se 159 lopies teen SWD. Die telling is ook die vierde meeste in die geskiedenis van die Khaya Majola week.

Rilee Rossouw voormalige Proteas speler verskyn bo aan die lys met 182 lopies.

Nie net het hy geskitter met die kolf nie maar sy boulwerk was ook puik. Simon boul ‘n totaal van 17 beurte en neem 5 paaltjies vir 37 lopies.

Simon word ook aangewys as die mees veelsydigste speler van die toernooi.

Baie geluk met die ongelooflike prestasie Simon!

Jy maak Diamantveld trots!

#trotsdiamantveld