Op die eerste Saterdag van die jaar het die Pom Poms sommer reeds ‘n oefenkamp gehou om gereed te maak vir 2024 se gees.

Van ysbrekers tot nuwe danse, Panarottis Kimberley pizza-eet en

lekker lag: dit is beslis ‘n dag wat die Pom Poms en personeel sal onthou.

Die meisies is propvol entoesiasme, energie en deursettingsvermoë en ons sien uit na ‘n opwindende jaar.

#trotsdiamantveld

#pompomnuus