Maricelle Krüger (Matriek 2022) is op 17 Januarie verkies vir die FISU World Cross Country Championships in Cassino, Italië, wat op 14 en 15 Maart sou plaasvind. Sy was een van slegs vier atlete wat Suid-Afrika in die individuele 3 km-wedloop sowel as in die gemengde aflos (2 mans en 2 vroue) sou verteenwoordig. Ongelukkig is die Suid-Afrikaanse span die dag voordat hulle sou vertrek, onttrek weens die oorlog in die Midde-Ooste, wat hul vlugreëlings beïnvloed het. Baie geluk met jou verkiesing tot hierdie span Maricelle! Dit is ‘n besonderse prestasie. #trotsdiamantveld