🏉🔥

Hoërskool Diamantveld skryf vanaand ’n nuwe hoofstuk!

Ons tweedespan het vir die eerste keer in hul splinternuwe, uniek ontwerpte truie uitgedraf. Hierdie seuns sit elke dag dieselfde ure en energie in as ons eerstespan, en vanaand is hulle daarvoor beloon.

Met ’n oortuigende oorwinning van 38–15 teen Bethlehem Voortrekker Hoërskool het hulle gewys dat Diamantveld se diepte en karakter iets besonders is.

Hierdie is nie net ’n span nie… dis die begin van ’n nuwe tradisie 💙

#trotsdiamantveld