Ons O/15B krieket het vandag teen CBC se O/16’s gespeel. CBC het die loot gewen en kolf eerste. Hulle teken 99 lopies aan in hulle 20 beurte. Juandré van Staden, Ruben Viljoen en Steyn du Plessis vat elkeen 2 paaltjies.

Diamantveld het goed gevaar met die kolf. Neil Steynberg is die top kolwer gewees en het 27 lopies aangeteken. Juan du Plessis (nie uit nie) en Ruben Viljoen het albei ook goed gekolf en teken 26 en 19 lopies onderskeidelik aan.

Hoërskool Diamantveld wen met 7 paaltjies.

Baie geluk manne! Dit was ‘n baie goeie vertoning.

#trotsdiamantveld