Die O/15A krieket het vandag teen Betlehem Voortrekker Hoërskool gespeel. Diamantveld het eerste gekolf en ‘n reuse telling van 356 lopies aangeteken. Tiaan Coetzee (85 lopies van 106 balle) en Sarel Kriek (62 lopies van 40 balle) was die uitblinkers met die kolf.

Diamantveld se boulwerk was ook klinies. Nathan Baird, Danie van der Merwe, Arno Mostert en Driaan Jacobs het elkeen twee paaltjies geneem.

Diamantveld wen die wedstryd met 224 lopies.

Welgedaan manne!

#trotsdiamantveld