Hoërskool Diamantveld se O/15 spanne staan nie terug vir die krieket reuse nie. Ons O/15A span het te staan gekom teen Grey Kollege se O/15B en ons O/15B span het te staan gekom teen Saint Andrews se O/15B span. Die O/15A’s het baie mooi gespeel en Grey Kollege uitgeboul vir slegs ‘n 114 lopies. Johan Dormehl was ons beste bouler en neem 3 paaltjies vir 13 lopies. Ons het tweede gekolf en het die telling met gemak verby gesteek met nog 3 beurte om te spaar. Driaan Jacobs was die uitblinker met die kolf en moker 27 lopies van 13 balle. Ons O/15B’s het n taai wedstryd gehad. Saint Andrews het eerste gekolf en teken 118 lopies aan in hulle toegekende 20 beurte. Vernon Rossouw het goed geboul en neem 3 paaltjies vir 21 lopies. Ons het tweede gekolf en het ons baie goed van ons taak gekwyt met Saint Andrews wat goeie boulwerk gelewer het. Diamantveld het 9 lopies van die laaste 6 balle gekort en slaan toe ‘n 6 en ‘n 4 om die wedstryd te beklink. Jean Cornelissen het uitgeblink met die kolf en moker 48 lopies van 30 balle. Welgedaan manne! #trotsdiamantveld