Vandag was ‘n bittersoet dag gewees vir die Graad 8’s van 2022. Vandag moes die groepie nuwelinge hulle klippies begrawe en sal dus nou sonder hul getroue “maats” die res van hul hoërskoolloopbaan aandurf. Gedurende die laaste paar weke is die Graad 8’s behoorlik verwelkom by Hoërskool Diamantveld en hulle klippies was daar vir elke traan en lekker-lag-oomblik. Nou is julle werklik BLOU! #trotsdiamantveld
