Opwinding hang in die lug en die glimlagte is breed, want vandag is die eerste skooldag van 2023. Die graad 8’s en hul ouers het vanoggend hulle eerste saalbyeenkoms saam met die matrieks gehad. Ons hoof Mnr. Victor het ‘n mooi boodskap gelewer om die nuwe graad 8’s en matrieks te verwelkom en te bemoedig. Sterkte vir die jaar, Diamantveld. #trotsdiamantveld