Vanaf 2023 verskuif DHS se video opnames vanaf Digi – TV na die SuperSport Schools toepassing en webwerf. Ons heg hiermee ‘n QR kode aan wat u kan gebruik om die Toep af te laai en te verseker dat u steeds digitaal deel kan wees van alle vergaderings en aktiwiteite by DHS.

Die toep is gratis en u kan met ‘n epos adres en wagwoord registreer.

Alle DHS aktiwiteite sal hier gebeeldsend word.

DHS het sy eie kanaal onder die “Schools” kategorie – alle inhoud van toepassing op DHS sal hier beskikbaar wees.

#trotsdiamantveld