Op 9 Februarie 2022 het drie atlete deelgeneem aan die TUKS TOP/10 byeenkoms te Pretoria. Die atlete presteer as volg:

Maricelle Krüger (Dogters O/19) neem deel aan die 800m en 1500m en behaal ‘n 5de

en 7de plek onderskeidelik. Janes Labuschagne (Seuns O/17) neem deel aan die 200m en 400m en behaal ‘n 7de plek met beide items. Harry I’ons (Seuns O/16) neem deel aan spiesgooi en behaal ‘n 8ste plek.

Ons is baie trots op die 3 atlete wat Hoërskool Diamantveld se naam laat skitter het tydens hierdie indrukwekkende byeenkoms. Ons hou duimvas vir dit wat nog wag vir julle.

#trotsdiamantveld