Op Saterdag, 11 Februarie 2023, het Hoërskool Diamantveld hul jaarlikse Uitnodigingsbyeenkoms, geborg deur Nedbank, aangebied in Kimberley. Ten spyte van uitdagende weersomstandighede het die atlete mekaar steeds uitgedaag op die baan en veld. Baie dankie vir almal wat deelgeneem het aan die dag en ons is trots op ons atlete se wonderlike prestasies. #trotsdiamantveld
