Baie geluk aan Carmen Louw en Mieke Smit wat op 16 September deelgeneem het aan die ASA Landloop Kampioenskappe in Gqeberha. Carmen eindig 24ste uit 92 atlete in die dogters o/17 afdeling met ‘n tyd

van 16 minute en 19 sekondes oor ‘n afstand van 4km. Mieke eindig 26ste uit 103 atlete in die dogters o/15 afdeling met ‘n tyd van 16 minute en 10 sekondes oor ‘n afstand van 4km.

Carmen het ook 9 September ‘n rekord laat spat in Kuruman waar sy aan die Noord-Kaap Provinsiale Landloop Kampioenskappe vir dogters o/17 deelgeneem het. Sy het die rekord van 18 minute 56 sekondes na 17 minute 4 sekondes oor ‘n afstand van 4km vebeter.

Baie geluk Carmen en Mieke. Julle maak ons trots!

#trotsdiamantveld