
Tennis is ‘n hoë profiel sport by Diamantveld. Die sukses van ons tennisspanne is onder meer te sien in die feit dat ons Elite-seunsspan reeds 8 jaar die Noord-Kaap in die finale rondtes van die Prestige Wayne Ferreira Tennistoernooi verteenwoordig. Slegs die top 16 tennisskole in die land neem aan dié toernooi deel. In 2009 het die seuns die Uitdaagbeker ook gewen.
Die Elite-seunsspan wen ook die Wilson Sun City Uitdaagtoernooi in 2005 en 2007 en is die naaswenners in 2006, 2008, 2009 en 2010.
Die dogterspan neem ook vanaf 2007 aan dié toernooi deel en dring in 2009 en 2010 tot die semi-finaal deur. Hulle eindig derde in 2010.
Die Junior spanne het ook in 2011 vir die eerste keer aan die Wilson Uitdaagbeker vir 0/15’s in Sun City deelgeneem en puik gevaar. Die A-span het eerste geëindig en die B-span het derde geëindig.
Diamantveld het in 2011 drie wenspanne in die Frances Baard enkelsliga ingeskryf en 28 van ons spelers het plekke op die Frances Baard-ranglys behaal. DHS het 16 spelers op die Noord-Kaap-ranglys (11 onder die eerste 6 plekke). Adré Badenhorst, Kerika Botha, De Wet Bezuidenhout en Ruan Maritz het Diamantveld in 2011 as lede van die Noord-Kaap span verteenwoordig.
Die volgende DHS spelers is ook gekies, maar kon nie speel nie a.g.v. ander sportverpligtinge of omdat die provinsiale toernooi gekanselleer is: Medgar Speelman, Jana Kirsten, Anelle Badenhorst, Lizanne Pelser, Johan Matthee en Janke Steenkamp.
Jandré Odendal van die Lapésa tennisskool het onlangs as afrigter by mnr. Hendrik Kirsten by die Diamantveld Tfnnisakademie aangesluit. Die bekwaamheid en ervaring van ons afrigters en die toewyding van die spelers is die wenresep van Diamantveld se tennisspelers.
In 2011 het DHS gedurende die 1ste kwartaal 11 spanne in die Kimberley Skole enkelsliga ingeskryf.
Daar is in 8 ligas meegeding.
Die volgende 3 spanne het hul ligas gewen:
2de Senior Seuns – Senior B2-liga
3de Junior Seuns – Junior B-liga
2de Junior Dogters – Junior B-liga
Die volgende 4 spanne het 2de geëindig:
1ste Senior Seuns – Senior A-liga
1ste Senior Dogters – Senior A-liga
2de Junior Dogters – Junior A-liga
1ste Junior Seuns – Junior A-liga
Die volgende 4 spanne het 3de geëindig:
2de Junior Seuns – Junior A-liga
4de Junior Seuns – Junior B-liga
2de Senior Dogters – Senior B-liga
1ste Junior Dogters – Junior A-liga
- 1ste kwartaal: Subunie- en Provinsiale proewe, Kimberley Skole enkelsliga, Fichardtpark Sportdag, DHS Sportdag
- 2de kwartaal: Wilson Uitdaagbeker in Sun City (Juniors)
- 3de kwartaal: Kimberley Skole Dubbelsliga, Wilson Uitdaagbeker in Sun City (Seniors)
- 4de kwartaal: Volvo for Live Uitdaagbeker-toernooi aangebied deur DHS,DHS kampioenskappe
Die volgende spelers het die Noord-Kaap Provinsie in 2011 op die tennisbaan verteenwoordig:
- Kerika Botha
- Adré Badenhorst
- Ruan Maritz
- De Wet Bezuidenhout
Die volgende spelers het die Noord-Kaap Provinsie in 2010 op die tennisbaan verteenwoordig:
- Lizanne Pelser
- Stephanie Potgieter
- Ruan Maritz
- Kobus Bezuidenhout
- De Wet Bezuidenhout
- Anke van der Westhuizen
AFRIGTERS
Jandré Odendaal en Hendrik Kirsten
SPANBESTUURDERS
H. Kirsten Senior Seuns A
R. Vos Senior Seuns B en C
J. Hattingh Junior Seuns
E. Snyders Senior Dogters
R. van Wyk Junior Dogters
Diamantveld Tennis bedank graag die volgende borge vir hulle betrokkenheid en ondersteuning:
Trophy and Gift Centre
Wimpy
Hadisonpark Slaghuis
Airport Hotel
Van Zyl’s Slaghuis
Ruché Finansiële Adviseurs
Altech Autopage
Hydro Tech
Crystal Enterprises
Volvo