Diamantveld se skaakspelers kompeteer in twee afdelings, naamlik O/17 en O/21. Die O/21-liga word reeds die afgelope drie jaar deur Diamantveld oorheers en ons skaakspan is die kampioene in hierdie liga. Die junior span was ook in 2009 die kampioene in hul liga.

In 2008 het drie van Diamantveld se leerders die Noord-Kaap skaakspan in die nasionale toernooi in Potchefstroom verteenwoordig en in 2009 is vier van Diamantveld se leerders in die provinsiale span ingesluit wat sake in Kaapstad gaan uitspook het.

Die volgende leerlinge het Noord-Kaap kleure verwerf nadat hulle in Desember 2009 aan die Junior Skaakkampioenskappe deelgeneem het:

Rohan Mostert
Gideon Joubert
Philip Deetlefs
Ri-Jan Deetlefs
Dawie Scheepers
Michiel van Niekerk

Die skaakklub neem aktief deel aan kompetisies en Diamantveld stel hom dit ook ten doel om self elke kwartaal 'n toernooi aan te bied. Die volgende toernooie het reeds vanjaar plaasgevind:

13 Februarie: Kimberley (aangebied by Diamantveld)
16-17 April: Hopetown
30 April - 1 Mei: De Aar

Op 7 Mei 2010 vind die volgende toernooi by Diamantveld plaas.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

d
r
g
d
q
d