
Diamantveld rugby het reeds ‘n paar groot name opgelewer, maar dis veral die geesdrif onder rugbyspelers in die algemeen wat so aansteeklik en uniek is. Die skool word jaarliks deur verskeie spelers in die provinsiale spanne verteenwoordig en daar is tans 7 spanne wat aan wedstryde deelneem. Dit sluit drie O/19 spanne, een O/16 span, een O/15 span en twee O/14 spanne in. Al tel Diamantveld onder die top rugbyskole in die land, streef ons veral na die ontwikkeling van die spelers se karakter. Dit is vir ons ‘n absolute prioriteit.
Die afrigting is van hoogstaande gehalte en word deur die voormalige Cheetah speler, MJ Smith, gekoördineer. Hy is vir alle rugby-ontwikkeling by Diamantveld verantwoordelik. Hy rig ook die eerste span af. Die ander afrigters is: Cassie Carstens, Basjan Reinhardt, Marco van der Linde en Duncan Virtue (O/14 A en B), Francois Holtzhausen en Jaco Barendse (O/15), Fransie Roets (O/16) en Niel Marais (O/19C). Bok Markram is die hulpafrigter van die O/19A- en B span. Jacques Zandberg is die skopafrigter wat al die skoppers elke week onder hande neem.
Verskeie spanne het gedurende die April-vakansie getoer. Die O/14- en O/15 spanne het George toe getoer, die O/16-span was Paarl toe en die O/19B span was na Hoërskool Monument in Krugersdorp. Die eerste span is na Hoërskool Waterkloof waar hulle teen verskeie groot rugbyskole gespeel het.
Die eerste span neem ook deel aan die Wildeklawer Toernooi vir Superskole; ‘n toernooi waarheen die top 14 skoolspanne in die land genooi word. Diamantveld was ook vanjaar die gasheer vir hierdie prestige-toernooi. Die deelname teen groter skole soos Paarl Gimnasium, Hoërskool Glenwood, Boland Landbouskool, HTS Middelburg, Hoërskool Monument en andere bring mee dat die seuns op ‘n hoër vlak meeding en kompeterend bly.
Diamantveld het in 2009 6, in 2010 7 en in 2011 10 spelers in die Cravenweek-span gehad en het ook weer vanjaar verskeie spelers vir die ander provinsiale spanne opgelewer.
Gedurende die voorafgaande 6 jaar het DHS 42 Cravenweek spelers opgelewer. Izak van der Westhuizen was ook in 2003 in die SA Akademiespan ingesluit. Hy draf sedert 2010 vir die Vrystaat Cheetahs uit. Byron Booysen was ook in 2007 in die SA Akademiespan ingesluit. Willie Brits speel reeds 3 jaar vir die Shimlas en hy is vanjaar die kaptein van die span.
Jean Mclean
Nico van der Westhuizen
Pieter Scholtz
LP Potgieter
Adriaan Smit
Graham de Reuck
Andre Roberts
Herman Scholtz
Curtley Kiewiet
Elrico Fielies
Ronaldo Abrahams
Ernst Coetzee
Eddie Rall
Lucky Mpete
Granville Adams
Boetie Moketlo
Stephan Malan
Leon Botha
AJ Jaquire
Victor Roberts
Ruhan Lombaard
Geoffrey Faber
Henry Olivier
Griekwaland-Wes Cravenweek:
Boetie Maketlo
Jean Mclean
Pieter Scoltz
LP Potgieter
Graham de Reuck
Elrico Fielies
Granville Adams
Adriaan Smit
Herman Scholtz
Curtley Kiewiet
Griekwaland-Wes Akademiespan:
AJ Jaquire
André Roberts
Ronaldo Abrahams
Griekwaland-Wes Valkespan (O/16):
Daniel van Zyl
Jeandré Fraipont
Deon van Zyl
Hanco Swart
Jacques Lombard
Ruan Maritz
Griekwaland-Wes Grant Khomospan (O/16):
Jacques van Zyl
PG Brand
Pukkeweekspan (O/19)
Nico van der Westhuizen
Stephen de Pradines
Ruan Roets
Eddie Rall