AGTERGROND

Pluimbal is sedert 2008 ‘n amptelike sportsoort by Diamantveld. Die spelers oefen en speel by De Beers Pluimbalklub waar 3 bane beskikbaar is.

Die pluimbalspanne speel nie in ‘n skole-liga nie, maar daar word wedstryde op sportdae gereël en hulle neem ook aan die SA Skole-toernooi en ander groot toernooie deel waar hulle uitstekende rekenskap van hulself gee.

Die SA Skole-toernooi vind jaarliks in Augustus plaas en sowat 40 spanne neem deel.  In 2008 het Diamantveld 11 provinsiale spelers gehad, in 2009 was daar 12 en in 2010 is daar  6.

Diamantveld lewer ook jaarliks van 2008 tot 2010 ‘n SA-speler in die persoon van Sandra le Grange.

 

EERSTE SEUNS- EN DOGTERSPAN 2010

SEUNS:                                                   

Niekie Badenhorst (kapt.)                
Rikus van Wyk                   

PG Steyn                                                                                                                
Johan Muller                                         
De Wet Bezuidenhout                              
Stefan Steyn       

 

DOGTERS:

Sandra le Grange (kapt.)

Rolanda Breytenbach

Lize-Marie Smith

Marinda van Zyl

Maderie de Kock                                         

 

AFRIGTERS

Ewald le Grange en Tokkie le Grange

Ewald le Grange het 10 jaar provinsiale ondervinding (Oos-Vrystaat en Noord-Vrystaat) en hy was voorsitter van die Oos-Vrystaat Pluimbalvereniging.

Tokkie le Grange het 25 jaar provinsiale ondervinding. Sy het die Oos-Vrystaat en die Noord-Vrystaat as Senior en Veteraan verteenwoordig. Die Griekwa-span het sy as Senior, Veteraan, Meester en Grande-Meester verteenwoordig. Sy was 3 keer in die SA Platteland-span en het ook vir die SA Veterane B-span gespeel. Sy was sekretaresse van die Oos-Vrystaat Puimbalvereniging en is ook Griekwas se sekretaresse,

 

PROVINSIALE & NASIONALE VERTEENWOORDIGERS 2010

Nasionale Verteenwoordiging:
                                                           
O/19 Dogters
Sandra le Grange*** (Protea-span, SA nr. 1)

Provinsiale Verteenwoordiging**:

0/19 Seuns:                                                     0/19 Dogter:
Niekie Badenhorst                                       Sandra le Grange
P G Steyn                                                        Lize-Marie Smith

O/17 Seuns                                                     O/17 Dogters
Niekie Badenhorst   (kapt.)                         Lize-Marie Smith
Rikus van Wyk
PG Steyn

O/15 Seuns
Pieter Hattingh (kapt.)

**In 2008 het Diamantveld 11 provinsiale spelers gehad en in 2009 was daar 12.

***Meer besonderhede oor Sandra le Grange se pluimbalprestasies is by “Ons is Trots’’ te sien.

UITSLAE 2010

Die 1ste seunspan wen die Sportdag-kompetisie en die dogterspan eindig 2de.
Tydens die SA Skole-toernooi in Bloemfontein eindig die seunspan gesamentlik 1ste in hul afdeling, maar verloor ongelukkig in die semi-finaal uitspeel-wedstryd. Die dogterspan eindig 3de in hul afdeling.