ALGEMEEN

Diamantveld netbal het op 27 Januarie 2010  met 'n Gevorderde Netbalafrigterskursus in samewerking met Tukkies Netbal se Roadshow en Elize Kotze (voormalige Protea speler en –afrigter) vir alle afrigters in die Noord-Kaap afgeskop.  Ses van ons eie afrigters het ook  die kursus bygewoon.

Gedurende die eerste kwartaal is reeds heelwat wedstryde gespeel en oorwinnings behaal. Tydens Hoërskool Fichardtpark se sportdag het die 1ste, 3de en O/14A-spanne al hulle wedstryde gewen. Die 2de span het net teen Fichardtpark se 1ste span verloor en net met ‘n enkele doel. Daarna het Diamantveld ook teen Hoërskool Hugenote kragte gemeet en was ook teen verskeie skole in aksie op DHS se sportdag. Die naweek van 23-27 April het die 1ste span aan die Wildeklawer Superskole Toernooi in Pretoria deelgeneem. Hulle het 10-7 teen Sentraal gewen, 12-9 teen Monument en 21-16 teen EG Jansen. Teen Waterkloof en Potchefstroom Gimnasium het hulle gelykop gespeel. Aanstaande jaar is DHS die gasheer van hierdie prestige-toernooi.

           
Mev. Bettie Kleynhans het in 2010 die leisels as afrigter van die 1ste en 2de span by mev. Mareth Hugo oorgeneem. Mev. Hugo was vir 25 jaar sinoniem met Diamantveld netbal en onder haar bekwame hand het die netbal baie groot hoogtes bereik en is ‘n trotse tradisie gevestig.

TRADISIES

Diamantveld het ‘n trotse netbaltradisie en waar oud-DHS-netbalspelers mekaar raakloop, is die gedeelde trots dadelik ‘n raakpunt.

Waarvoor DHS Netbal staan, word ten beste verwoord in die Netbal-Erekode wat die 1990 Eerste Netbalspan opgestel het. Die 1990-span was die Suid-Afrikaanse Hoërskole Klubkampioene. Sedertdien is die erekode deur die skool as die amptelike skool-erekode aanvaar.

 

EREKODE
ONS WERK EN SPEEL:
GEDISSIPLINEERD
MAAR NIE ONBUIGSAAM NIE;
MET SELFVERTROUE
MAAR NIE SELFVERSEKERD NIE;
MET OORGAWE
MAAR NIE BRUTAAL NIE;
TAKTIES
MAAR NIE ONEERLIK NIE;
OM TE WEN
MAAR NIE TEN ALLE KOSTE NIE;
OM VAN ELKE MOONTLIKHEID
'N WERKLIKHEID TE MAAK.
A POSSE AD ESSE

SUKSESVERHAAL

Die onderstaande is ‘n opsomming van die sukses wat Diamantveld die afgelope dekades op die netbalfront behaal het.

Eerste Netbalspan

SA Hoërskole Klubkampioenskappe (1989 – 1992)
1990:  SA Hoërskole Klubkampioene
1991:  Brons Medalje-wenners
1992:  Naaswenners

SA Hoërskole Nasionale Uitdaagreeks (1998 - )
1998:  Naaswenners
1999:  Brons Medalje-wenners
2004: Semi-finaliste
2005:  Semi-finaliste
2008:  Semi-finaliste
2009:  Brons Medalje-wenners

DHS het 9 uit die 12 bestaansjare van die kompetisie vir die finale ronde gekwalifiseer. GEEN ANDER SKOOL IN DIE LAND KAN HIERDIE PRESTASIE EWENAAR NIE.

 

2009 Seisoen

  • SUN CITY PRESTIGE NETBALL CHALLENGE: Wenners
  • TOP NETBALL TOURNAMENT: Brons Medalje-wenners
  • SENTRAAL SUPER 14 UITDAAGREEKS: Onoorwonne
  • PROVINSIALE WENNERS: 9de keer in 12 jaar
  • LIGAWENNERS: 22ste keer in 25 jaar

DERDE BESTE NETBALSPAN IN DIE RSA.

 

INTERNASIONALE BLOOTSTELLING
1996:  Afrigtingstoer na Australië (AUSTRALIAN INSTITUTE OF SPORT)
1999:  TASMAN SCHOOLS’ TOURNAMENT (Gekoppel aan 1999 Netbal Wêreldbeker-Toernooi) – Brons Medalje-wenners
2004:  SOUTHERN SKIES INTERNATIONAL TOURNAMENT (Australië) – Naaswenners

 

SPRINGBOKKE

  • Violet Krieg 1958
  • Dirkie Badenhorst 1985

SA PROTEA-SPELERS

  • Letetia Vorster 1997 (54 toetse gespeel)
  • Christine Markgraaff 2004, 2010

SA O/21

  • Henriëtte Vorster 1995 en 1996 (Kaptein)
  • Christine Markgraaff 2001

SA A-SPAN

  • Christine Markgraaff 2003
  • Antonina Aparicio 2009

SA O/21 UITNODIGINGSPAN

  • Antonina Aparicio 2009
  • Christelle Ellis 2009

SA SKOLE

  • Magda Weber 1981
  • Henriëtte Vorster 1994; 1995 (Kaptein)
  • Marna Koortzen 1997
  • Lindy van Niekerk 1998
  • Christine Markgraaff 2000
  • Lauren-Lee Christians 2009

SA O/16

  • Lindy van Niekerk 1996
  • Zelda Roesch 1996
  • Carla Prinsloo 2000

(Sedertdien gestaak)

SA O/19 SENIOR SPAN

  • Lauren-Lee Christians 2010

PROEFSPELERS SA SKOLESPAN
41 spelers sedert 1985

PROVINSIALE SPELERS (GRIEKWAS EN NOORD-KAAP)
308 spelers vanaf 1985 tot 2010

AFRIGTERS EN EERSTESPAN

Die huidige afrigters is:

Bettie Kleynhans (1ste en 2de span)
Lizaan Watts (3de en 4de span)
Salomé Schreuder (5de en 6de)
Joretha Janse van Rensburg (7de)
Liané Fourie (Gr. 8 A & B)
Tanja Roux (Gr. 8 C)

 

Die Eerste span vir die 2010 seisoen:

D = Jolani Pienaar
HD = Hestie van der Schyff  (Kaptein)
AV = Margot Mazzoncini
S = Ina-Mari Muller
VV = L'Marée Basson
HV = Christine Steyn
V = Annerike Pienaar

Reserwes:
Janeke Steenkamp, Lizaan Pelser en Carma Klijnhans

UITSLAE 2010

Eerste Span                         

Datum

Opponente

Doele vir

Doele teen

20-03-2010

Bonnievale

22

30

 

Fichardtpark

42

30

 

Paarl Gimnasium

25

36

23-04-2010

Sentraal, Bloemfontein

10

7

 

Waterkloof    

12

12

 

Monument

14

9

 

Potch Gimnasium

15

15

 

Menlo Park

11

16

 

EG Jansen **

20

17

13-05-2010

Noord-Kaap  

18

15

14-08-2010 Noord-Kaap 31 24

 

** Uitspeelrondte tydens Wildeklawer Super
Skoletoernooi
(Eindig algeheel 5de)                                        

Tweede Span

Datum

Opponente

Doele vir

Doele teen

20-03-2010

Douglas O/19A

23

18

 

Vaalharts O/19A

16

18

 

Jacobsdal O/19A

29

26

13-05-2010

Noord-Kaap  

28

12

14-08-2010 Noord-Kaap 15 18

 

Derde Span

Datum

Opponente

Doele vir

Doele teen

20-03-2010

Bonnievale O/16A

20

30

 

Douglas O/16A

29

10

 

Fichardtpark O/16A

40

14

15-04-2010

Girls’ High O/19A

36

4

06-05-2010

Hopetown

23

14

13-05-2010

Noord-Kaap  

23

14

14-08-2010 Noord-Kaap 18 17

 

Vierde Span

Datum

Opponente

Doele vir

Doele teen

20-03-2010

Jacobsdal O/16A

24

29

20-03-2010

Colinda O/16A

35

17

20-03-2010

Fichardtpark O/15A

20

37

15-04-2010

Girls’ High O/19A

36

4

06-05-2010

Hopetown

23

27

13-05-2010

Noord-Kaap  

18

17

Vyfde Span

Datum

Opponente

Doele vir

Doele teen

20-03-2010

DHS O/14A

20

24

20-03-2010

Vaalharts O/15A

16

31

15-04-2010

Girls’ High

30

6

06-05-2010

Hopetown

33

24

13-05-2010

Noord-Kaap  

33

16

 

Sesde Span

Datum

Opponente

Doele vir

Doele teen

20-03-2010

DHS 7de

14

10

11-05-2010

Adamantia  

29

5

Sewende Span

Datum

Opponente

Doele vir

Doele teen

20-03-2010

DHS 6de

10

14

 

DHS O/14C

30

6

15-04-2010

Girls’ High  

5

7

 

O/14A 

Datum

Opponente

Doele vir

Doele teen

20-03-2010

DHS 5de

24

20

 

Fichardtpark

11

42

 

Jacobsdal

19

16

13-05-2010

Noord-Kaap  

25

20

14-08-2010 Noord-Kaap 19 13

 

O/14B

Datum

Opponente

Doele vir

Doele teen

20-03-2010

DHS O/14C

17

7

 

Douglas O/14A

3

40

 

Colinda 0/14A

 

Onttrek

O/14C

Datum

Opponente

Doele vir

Doele teen

20-03-2010

DHS 7de

6

30

 

DHS O/14B

7

17

15-04-2010

Girls’ High

3

11

11-05-2010

Adamantia  

2

12

 

PROVINSIALE VERTEENWOORDIGERS

Noord-Kaap Diamante O/18
Hestie van der Schyff (o/k)
L’Maree Basson
Simone van Zyl (skadu-speler)

Noord-Kaap Diamante O/17
Lizanne Pelser (o/k)
Jolani Pienaar
Christine Steyn
Carma Klijnhans

Noord-Kaap Diamante O/16
Janeke Steenkamp
Ina-Mari Muller
Johané Janse van Rensburg (skadu-speler)
Margot Mazzoncini (k)

Noord-Kaap Diamante O/15
Adré Badenhorst (k)
Anchen Strauss
Jana Kirsten
Annarike Pienaar

Noord-Kaap Diamante O/14
Tuané Gouws