Rudolf Steyn en Gerhardus Liebenberg is sprekende voorbeelde van die suksesresep van Diamantveld-krieket. Benewens dié twee Proteaspelers, is Roy Adams in 2007 ingesluit in die O/19 Wêreldbekerspan en Pieter Koortzen (1996) en Frikkie Holtzhausen (2006) het vir die SA Coltsspan uitgestap.

In die 2008/2009 seisoen het DHS die volgende provinsiale verteenwoordigers opgelewer:

  • Coca-Cola Khaya Majola week vir O/19's in Port Elizabeth: 4 spelers (Wilhelm Bester is die kaptein van die span.)
  • Diamant/Arende ''Cubs''-span na O/19 toerooi in Stellenbosch: Alberto Mazzoncini en Wilhelm Bester (Wilhelm Bester voer ook hierdie span aan.)
  • GW O/17 na toernooi in Pietermaritzburg: 3 spelers
  • GW-span na PG Bison-week in Oudtshoorn: 2 spelers
  • GW na Platteland-week in Welkom: 1 speler

Totale verteenwoordiging in Griekwaland-Wesspanne die afgelope aantal jare:

  • 2009/2010-seisoen: 7 spelers
  • 2008/2009-seisoen: 10 spelers
  • 2007/2008-seisoen: 10 spelers
  • 2006/2007-seisoen: 8 spelers
  • 2005/2006-seisoen: 9 spelers

Diamantveld het 'n baie goeie infrastruktuur vir krieket. Dit sluit in:

  • 2 Krieketvelde
  • 5 Oefennette met matte/gras
  • Sementoppervlak met rubber aanlope vir boulers
  • Professionele afrigting
  • 2 O/19-spanne
  • 2 O/15-spanne