AGTERGROND

Die atletiekseisoen skop elke jaar met die gewilde kleure-byeenkoms af waar 3 kleurspanne (Ligblou, Geel en Donkerblou) teen mekaar kragte meet. In ‘n gesonde gees van deelname en ondersteuning, neem man en muis gewoonlik aan hierdie byeenkoms deel. Die onderskeie spandirigente verleen baie kleur aan die byeenkoms. Na afloop van die aflosse, kry die matrieks geleentheid om ‘n ererondte af te lê; ‘n geleentheid wat ware Diamantveld-trots weerspieël en wat al te dikwels trane in die oë bring.  

Die atlete kry geleentheid om dwarsdeur die jaar by ‘n oefenprogram in te skakel. Die resultate van so ‘n gedissiplineerde oefenprogram is gewoonlik sigbaar wanneer die atletiekseisoen aanbreek en ons atlete by byeenkomste in die Noord-Kaap en in die Vrystaat uitblink.

 

DIAMANTVELD UITNODIGINGSBYEENKOMS

Diamantveld se atlete presteer so goed dat daar altyd ‘n behoefte bestaan om meer geleenthede vir deelname en blootstelling te skep. Die Diamantveld Uitnodigingsbyeenkoms is ‘n hoogtepunt op die Noord-Kaap atletiekkalender. Alle naburige hoërskole tot sover as Upington, Kuruman en De Aar en O/13’s van omliggende laerskole word ook uitgenooi. Die hoë standaard van hierdie byeenkoms verseker dat ander skole graag deelneem.

Op 19 Februarie 2011 bied Diamantveld, in samewering met Griekwaland-Wes Koöperasie (GWK), 'n baie groot skole-atletiekbyeenkoms aan. Die hoofdoel van die byeenkoms is om atletiek in die algemeen, maar spesifiek in die Noord-Kaap, te bevorder. Groot pryse is op die spel en daar is kategorieë vir groot skole (meer as 500 leerders) en medium/ klein skole (minder as 500 leerders). Daar is selfs 'n kategorie vir laerskole, want O/13's gaan ook deelneem.

In die verlede is daar ook uurbyeenkomste in die vierde kwartaal gehou. Dit was uiters gewild, maar weens ekonomiese omstandighede is borgskappe op die oomblik skaars.

 

ANDER BYEENKOMSTE

Na die kleure-byeenkoms neem ons atlete aan die Sone-byeenkoms en die Francis Baard-byeenkoms deel. Daar kwalifiseer die atlete om aan die Noord-Kaap Atletiekkampioenskappe deel te neem en daarna word die provinsiale span gekies wat aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe deelneem.

Diamantveld het die Hartswater Top 20-byeenkoms reeds 8 keer in die afgelope 11 jaar gewen. Verlede jaar het Jana Kirsten en Herman Groenewald albei ‘n byeenkomsrekord laat spat.

Die Hoërskool Jim Fouché bied jaarliks ‘n byeenkoms aan waar ons atlete deelneem. By die 2010 byeenkoms het Diamantveld se atlete etlike silwer en brons medaljes gewen. Ook by die byeenkoms van die HTS Louis Botha, het Diamantveld pragtig presteer en Jana Kirsten het ‘n nuwe Noord-Kaap spiesgooi-rekord vir dogters O/15 opgestel. Die atlete neem ook aan die Hoërskool Sentraal se Top 10-byeenkoms deel en wys hul staal tussen die top atlete van die Vrystaat.

PROVINSIALE VERTEENWOORDIGERS 2005-2010

2005
DEELNEMERS BY DIE SA KAMPIOENSKAPPE:
Tobie Holtzhausen, Willie Britz, Nathan Plaatjies, Elzaan van Wyk, Alta Prinsloo, Granville McClune, Danique du Toit, Roderick Rutledge, Tommy Collen, Louis Herholdt, Ian Cloete, Hennie Cloete, Neels Kruger, Yolande Marx, Sheree van Zyl, Frank Kaliko, Jaco van  der Westhuizen en Armand Jacobs

PRESTEERDER BY DIE SA KAMPIOENSKAPPE:
Tobie Holtzhausen (wen die goue medalje in spiesgooi, seuns O/19)

DEELNEMERS AAN DIE SA SPELE: 
Elzaan van Wyk, Alta Prinsloo, Nathan Plaatjies, Willie Britz, Quinton Gouws en Tommy Collen.   

2006:
DEELNEMERS BY DIE SA KAMPIOENSKAPPE:
Andrew Louw, Roderick Rutledge, Elsje Kuit, Riaan Grobler, Jaco van der Westhuizen, Hennie Cloete, Danique du Toit, Elzaan van Wyk, Willie Britz, Tommie Collen,

PRESTEERDERS BY DIE SA KAMPIOENSKAPPE:
Andrew Louw (wen die silwer medalje, 400m, seuns O/17) 
Elzaan van Wyk (5de plek, verspring, dogters O/17)        

DEELNEMERS BY SA TWEEKAMP KAMPIOENSKAPPE:
Milize Symington, Lizaan Pelser.

2007:
DEELNEMERS BY DIE SA KAMPIOENSKAPPE:
Andrew Louw, Elzaan van Wyk, Arnold Hayes, Danique du Toit, Elsje Kuit          

DEELNEMER BY SA TWEEKAMP KAMPIOENSKAPPE:
Mellissa Human

PRESTEERDER BY SA ATLETIEKKAMPIOENSKAPPE:
Andrew Louw (wen die silwer medalje, 200m, seuns O/18)   
DEELNEMERS BY DIE SA SPELE:
Andrew Louw, Elzaan van Wyk, Danique du Toit, Elsje Kuit, Gert-Daniël Scholtz

BIATHLé:
Christa Weideman verteenwoordig SA in Egipte en Europa in Biathlé (hardloop 1,5 km, swem 1km en hardloop weer 1,5 km) en behaal ‘n 9de plek.

2008:
DEELNEMERS BY DIE SA KAMPIOENSKAPPE:
Elzanne van Wyk, Danique du Toit, Wessel Jacobs, Andrew Louw, Angela Wessels, Elsje Kuit en Bianca Lockem

PRESTEERDERS BY SA ATLETIEKKAMPIOENSKAPPE
Geen medaljes.
DEELNEMERS BY SA TWEEKAMP KAMPIOENSKAPPE:
Melissa Human en Milize Symington

2009:
DEELNEMERS BY DIE SA KAMPIOENSKAPPE:
Dawid–Johan Minnie, Arnold Hayes, Andrew Louw, Jana Kirsten, Johané Janse van Rensburg, Ina-Marie Muller en Elzaan van Wyk
           
2010:
DEELNEMERS BY DIE SA KAMPIOENSKAPPE:
Jana Kirsten, Alwina Malherbe en Ina-Marie Muller

DEELNEMER BY DIE SA TWEEKAMP KAMPIOENSKAPPE:
Christo Breytenbach

AFRIGTERS

Die skool het verskeie spesialis-afrigters, naamlik:

Kortafstande + Hekkies     Wilmo Vermeulen
Hoogspring:                          Erika Smith
Verspring:                              Wilmo Vermeulen
Spiesgooi:                             Tom Holtzhausen, Hendrik Kirsten
Skyfwerp:                              Gerald Jacobs
Gewigstoot:                           Gerald Jacobs
Middelafstande:                   Jaco Smit

Mnr. Jaco Smit is die atletiek-organiseerder en mnr. Wilmo Vermeulen is die voorsitter van die Atletiekakademie.

OUDLEERDERS

Van Diamantveld se atlete neem ook nog naskools deel en sit hul prestasies voort.

Tobie Holtzhausen:

Prestasies op skool:

  • Wen in 2004 die silwer medalje by SA Kampioenskappe vir Spiesgooi Seuns O/17
  • Wen in 2005  die goue medalje by SA Kampioenskappe vir Spiesgooi Seuns O/19
  • Ingesluit in die SA Atletiekspan wat in 2005 in Namibië en Egipte deelgeneem het.  

Prestasies na skool:

  • SA O/23-kampioen in spiesgooi in 2009 en wenner van die bronsmedalje in die senior kampioenskappe in Stellenbosch
  • Wen die brons medalje in 2010 by die SA Senior kampioenskappe.
  • Wen die Studentekampioenskappe in 2010 in Potchefstroom met ‘n afstand van 75,8m
  • Ingesluit in die SA Atletiekspan wat op 1 Augustus 2010 in Kenia aan die Afrikaspele deelgeneem het en hy behaal ‘n 5de plek

 
Adriaan van Wyk

Prestasies op skool:

  • Wen silwer medalje by SA Kampioenskappe in die 800m vir seuns O/17 in 2000.
  • Wen silwer medalje by SA Kampioenskappe in die 800m vir seuns O/19 in 2001

Prestasies na skool:

  • Vir tydperk Januarie - Februarie 2009 die vinnigste 800m mansatleet in wêreld-atletiek
  • Verwerf 4de plek by die SA Kampioenskappe in 2009 in Stellenbosch. Hy sou ook in 2009 in Europa deelneem, maar was beseer.
  • Wen die 800m vir mans tydens die Yellow Pages-byeenkoms met ‘n tyd van 1min 46,80sek. in die 2009-2010 atletiekseisoen.
  • Behaal ‘n persoonlike beste tyd van 1min. 46,75 sek. in die 800m in die 2009/2010 atletiekseisoen.
  • Verwerf die 4de plek by die SA Kampioenskappe in 2010 in Stellenbosch.
  • Hy vertrek op 23 Junie 2010 na Europa om aan ‘n aantal byeenkomste deel te neem om te probeer kwalifiseer vir die Statebondspele in 2010, maar word beseer.

BORGE

Hoërskool Diamantveld-atletiek is bevoorreg om die volgende borge te hê:

  • Griekwaland-Wes Koöperasie,
  • Nashua en
  • N12 SELF STORAGE

Griekwaland-Wes Koöperasie het van 29-31 Oktober 2010 'n opleidingskursus vir afrigters en beamptes geborg. Die kursusse is by Diamantveld aangebied en is deur sowat 90 persone bygewoon.

 

Griekwaland-Wes Koöperasie borg ook die groot atletiekbyeenkoms wat op 19 Februarie 2011 deur Diamantveld aangebied word.