Diamantveld Bond

Die Hoërskool Diamantveld Bond is in 2005 gestig met die doelwit om oud leerlinge met mekaar in verbinding te stel, gereeld reünies te reel en die skool te ondersteun waar benodig.

Sedertdien is die Grondwet van die Bond aangepas om lidmaatskap uit te brei van voorheen net oud skoliere na ondersteuners, onderwysers en ouers.

Die Hoërskool Diamantveld Bond bied ‘n bestaande struktuur vir enige individue wat passievol is oor Hoërskool Diamantveld. Die Bond verskaf inligting en nuus aan ons lede as ook ‘n gratis Aitsa, die skoolkoerant.

Ondersteunersdrag vir trotse oud Diamantvelders of ouers kan ook deur die Bond aangeskaf word.

Die Bond is ook die gasheer in samewerking met Hoërskool Diamantveld vir jaarlikse 10, 20, 30, 40 en 50 jaar reunies vir oudstudente.

Vir ‘n skamele R200 ledegeld per jaar kan enige individu met ‘n passie vir Hoërskool Diamantveld deel word van hierdie ongelooflike inisiatief.

REÜNIE 2020
Datum: 8 - 10 Mei 2020
Vir meer inligting en besprekings
kies die volgende skakel:
http://dhs20.rsvpify.com/   
Vir navrae kontak Martie Potgieter:
Tel: (053) 833 1528/9
Sel: (082) 456 7281
E-pos: olb@diamantveld.co.za
Web: www.diamantveldbond.co.za



Lauren-Lee Chrstians 
Izak van der Westhuizen
Willie Britz