DHS se skoolkore het geen bekendstelling nodig nie en onder die bekwame leiding van mev Esther Ford, het die kore oor jare sterstatus bereik.

Vanjaar het die Prestigekoor hulself op UNISA se ererol geplaas met ‘n prestasie van 91% in die gevorderde UNISA kooreksamen.

Die jaarlikse DHS-koorfees is ‘n instelling in die Noord-Kaap en ‘n hoogtepunt op die kultuurkalender in Kimberley. Mevv. Ford, Du Plessis en  Botha is aan die stuur van DHS se kore en vorm die anker waaraan die kore se sukses toegeskryf kan word.

Musiekleerders presteer ook as individue, met vyf leerders wat die UNISA graad 7 klaviereksamen gespeel het. Twee slaag met lof, twee met eervolle vermelding en nog ‘n leerder slaag. Een leerder slaag haar blokfluiteksamen met 93% en word ook op UNISA se ererol geplaas. Nog ‘n leerder slaag haar blokfluiteksamen met eervolle vermelding. Een van DHS se leerders is ook gekies om in die Nasionale Jeugorkes te speel.

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Koor @ DHS