Die Landsdiens

Landsdiens is die prefekte kombinasie van vier liefdes wat in een pakkie toegedraai is.

By landsdiens kan jy net jouself wees, geestelik en emosioneel groei en kan jy jouself soveel beter leer ken. Dit is ‘n beweging waar jy soveel nuwe, verskillende mense ontmoet en waar jy lewenslange vriendskapsbande smee. By Landsdiens verbeter jy nie net jouself nie, maar jy dra ook by tot ander mense se lewens en geluk en ‘n gesonde omgewing.

Landsdiens bied ‘n geleentheid om vir God dankie te sê vir alles wat Hy vir ons doen en om Hom daarvoor te prys. Landsdiens is nie net ‘n beweging nie, maar ‘n leefwyse!!

- Corné van Niekerk (Gr. 12 - 2009)

Strewe

Die Landsdiensideaal word saamgevat in die strewe na:

Liefde vir die Skepper
Liefde vir die Omgewing
Liefde vir die Medemens
Liefde vir die Arbeid

Aktiwiteite word deurlopend beplan en sluit kampe, toere, uitstappies, opvoedkundige besoeke, handvaardigheidsprojekte, uitstallings, bewaringstake en gemeenskapsprojekte in.

‘n Toekenningstelsel binne die Landsdiensbeweging beloon hardwerkende landsdieners ten opsigte van prestasie- en leierskapvaardighede. Lede kan selfs Springboktoekennings verwerf. Deelname aan opwindende prestige nasionale projekte word op provinsiale vlak aan presteerders gebied.

Landsdienskampe en projekte is baie bekostigbaar en uiters inspirerend en bevredigend.

Toekennings

Die volgende toekennings is in 2009 en 2010 verwerf :

Corné van Niekerk - Springbok (hoogste toekenning op skoolvlak)
Mariëtte du Toit - Leierskaptoekenning
Elizna-Mari Leibbrandt - Leierskapsertifikaat
Danielle du Toit - Leierskapsertifikaat
PG Brand - Leierskapsertifikaat

('n Leierskapsertifikaat word na 'n Leierskaptoekenning verwerf)

In Desember 2009 het die volgende Diamantvelders die Noord-Kaap by afsonderlike Nasionale kampe in Mpumalanga verteenwoordig:

Corné van Niekerk
Elizna-Mari Leibbrandt
Danielle du Toit
PG Brand

 

In Desember 2010 het die volgende leerders die skool by 'n Nasionale kamp by Konka buite Rustenburg verteenwoordig:

 

PG Brand

Monré van Soelen

Elizna-Mari Leibbrandt

Emrie Human

 

In September 2011 woon 6 van DHS se leerders Nasionale kampe by en daar is ook 3 reserwes gekies. Emrie Human is die Groepleidster van die Noord-Kaap en Johan Matthee verwerf 'n Springbok-toekenning.

 

 

 

Landsdienspret @ DHS