
Die toneelvereniging strewe daarna om 'n liefde vir drama en toneel onder leerders aan te wakker. DHS Toneel is kerngesond en mevv. Lisa Holtzhausen en Christel Groenewald en me. Carmen Hattingh is in beheer van 'n skatkis vol kreatiwiteit.
Die toneelgroep skryf jaarliks vir die ATKV-tienertoneel-kompetisie in en het vanjaar op 16 Augustus in die Wynand Mouton-teater in Bloemfontein deelgeneem.
Twee dramas is ingeskryf:
“Grasgroenbloed" deur Bets Prinsloo
en
"Lekker is die Lewe" deur Philna Scholtz
Die leerlinge het hul uitstekend van hul taak gekwyt en vyf brons medaljes is verwerf. Hannah Scoombie, Danelle Möller en De Wet Bezuidenhout het medaljes vir toneelspel ontvang.
Henco Boshoff en Chris du Plooy blink agter die skerms uit met Henco wat sy medalje vir beligting ontvang het en Chris wat vir sy vermoëns as klankman beloon is.
| Drama @ DHS |
|