

Die Aitsa is in 2009 en 2010 deur Media 24 as die BESTE SKOOLKOERANT in die land aangewys.
In 2009 het die Aitsa ook drie kategoriewenners opgelewer. Hulle was:
In 2010 was daar weer individuele presteerders. Dit was:
Volledige besonderhede is by "Kultuur" te sien.
Deon skakel vanaf 10-jarige ouderdom by Vrystaat Nautilus in. Hy is in Graad 7 (2009), 8 (2010) en 9 (2011) lid van die Vrystaat SAIPMO (South Africa Inter Provincial Mathematics Olympiad) A-span. Hulle wen die nasionale kompetisie in 2010 en eindig derde in 2011.
As een van drie spanlede, neem hy in Desember 2010 in Lucknow, Indië aan die International Young Mathematicians Convention deel. Hy verwerf 'n silwer- en sy span 'n brons toekenning. Hy neem in Junie 2011 as lid van die Vrystaat-span aan die International Mathematics Competition in Bali, Indonesië deel. Hulle word deur nog drie spanne uit Suid-Afrika vergesel. Die Vrystaat-span behaal 'n vierde plek in die spankompetisie en hulle ontvang 'n meriete toekenning.
As Graad 9-leerder skryf hy in 2011 die Graad 12 AMESA-eksamen en behaal 'n provinsiale tweede plek. Hy is ook in 2011 die Graad 9 provinsiale wenner van SAMO (South African Mathematics Olympiad) wat deur Harmony geborg word en hy behaal nasionaal 'n silwer medalje in die derde rondte vir juniors. Hy neem ook deel aan die Universiteit van Pretoria se Wiskunde-kompetisie en behaal 'n tweede plek.
Deon verwerf provinsiale kleure in skopboks vanaf 2006 tot 2011. Hy word in 2007 in die SA Presidentspan ingesluit en verteenwoordig Suid-Afrika in 2008 in Italië in die Wêreldbyeenkoms. Hy vorder tot in die semi-finale rondte. In 2009 en 2010 word hy in die Junior SA-span ingesluit. In 2010 kom hy derde by die WACO Junior Wêreld Skopboks Kampioenskap in Belgrado, Serwië en verwerf sy Protea-kleure. In 2011 wen hy 2 goue medaljes by die SA Kampioenskappe en word weer in die nasionale span ingesluit. Hulle neem in 2012 aan die WACO Junior Wêreld-kampioenskap deel.
Michelle verwerf provinsiale kleure in skopboks vanaf 2007 tot 2011. Sy word in 2008 in die SA Presidentspan ingesluit en verteenwoordig Suid-Afrika in Italië waar sy 'n brons medalje by die WACO Junior Wêreld Skopboks-kampioenskap kry. Sy word weer in 2009 in die SA Presidentspan en in 2010 in die Junior SA-span ingesluit. In 2010 verteenwoordig sy Suid-Afrika in die WACO Junior Wêreld Skopboks-kampioenskap in Belgrado, Serwië. Sy vorder tot in die semi-finaal en verwerf haar Protea-kleure. In 2011 verwerf sy twee goue medaljes by die SA kampioenskappe en word weer in die SA-span ingesluit. Hulle neem in 2012 aan die WACO Junior Wêreld-kampioenskap deel.
Sandra le Grange, ‘n 18-jarige Graad 12 Diamantveld-leerder, het verskeie provinsiale en nasionale spogprestasies op haar kerfstok. In 2010 en 2011 wen sy al 3 titels in die 0/19 Noord-Kaap Pluimbalkampioenskappe. Sy wen ook in 2010 twee en in 2011 een goue medalje by die 0/19 SA-pluimbalkampioenskappe.
In Maart 2007 was sy in die 0/17 SA-uitnodigingspan wat vir 2 weke in Nieu-Seeland getoer het. Sy was ook in 2007 in die 0/15 Protea-pluimbalspan wat aan die O/15 Afrika-toernooi in Pretoria deelgeneem het. Sy was die Afrika-kampioen in die dogtersdubbelspel in haar ouderdomsgroep en het ook 2 brons medaljes op die toernooi verwerf.
In Desember 2008 het sy Suid-Afrika in ’n O/19 pluimbaltoernooi in Mauritius verteenwoordig. As tweede gekeurde O/19 SA-speler het sy die land in Augustus 2009 in Addis Ababa in die Afrika-toernooi verteenwoordig en met ‘n goue en ‘n silwer medalje teruggekeer. Haar span het ook die Afrika-toernooi in 2009 gewen. In April 2010 neem sy as eerste gekeurde dogter in die O/19 Protea-pluimbalspan aan die Junior Wêreld-toernooi in Mexiko deel. Later vanjaar vergesel sy die O/19 Protea-span na Mauritius.
Sandra was al in 2003 as 9-jarige as die nommer 1 dogter in die 0/13 SA-pluimbalspan ingesluit. As 10-jarige het sy haar 2de SA-titel (SA 0/15-dogtersdubbespel) gewen en is sy in die 0/15 SA-pluimbalspan ingesluit. In 2008 het sy die 0/17 SA enkel- en dubbelspeltitels in Durban gewen.
As 15-jarige was sy reeds in die O/19 SA-pluimbalspan ingesluit en sy het die skool ook in die Noord-Kaap O/17- en O/19 pluimbalspanne en O/16 en O/19 muurbalspanne verteenwoordig. Sy was ook in 2010 vir die SA Plattelandse muurbalspan gekies, maar sy moes onttrek as gevolg van pluimbalverpligtinge. In 2011 het sy wel as deel van die SA Plattelandse span aan die SA Muurbal-toernooi in Kaapstad deelgeneem.
Benewens Sandra se prestasies in pluimbal en muurbal, het sy ook provinsiale tennis gespeel. Sy het ook tot in 2009 vir Diamantveld se 0/16A-hokkiespan gespeel.
5 Diamantvelders was in 2010 in Kovsies se Elite-Netbalgroep van 20 lede ingesluit.
Hulle was:
Eersgenoemde vier was ook in die Nasionale Ligaspan, die Cheetahs, ingesluit.
Danique du Toit, Lauren-Lee Christians en L'Maree Basson is in 2011 in die Elite-Netbalgroep van Kovsies ingesluit. Danique du Toit is ook gekies vir die SA Universiteite-oefengroep en die SA O/21-oefengroep.
Lauren-Lee Christians wat in 2009 in die SA-skolespan ingesluit is, is in Mei 2010 in die Senior SA O/19-span ingesluit.
Christine Markgraaff was weer in die Protea-span ingesluit wat in 2010 aan die Statebondspele in Indië deelgeneem het. Sy het sedertdien haar uittrede aangekondig.
Nege van ons leerders is in die Noord-Kaap-atletiekspan ingesluit. Hulle het aan die nasionale byeenkoms in die Paarl deelgeneem.
Die leerders is:
Hoërskool Diamantveld is trots daarop om die derde gasheerskool vir die Wildeklawer Super Skole Rugby- en Netbaltoernooi te kon wees. Die toernooi word ten volle deur SA Rugby en SA Netbal ondersteun en het vanaf 29 April tot 2 Mei 2011 plaasgevind.
Die toernooi is aanvanklik in die lewe geroep om vir die beste skole-rugbyspanne ’n geleentheid te bied om teen mekaar te speel. Die Wildeklawer-toernooi skep vir gedugte spanne die geleentheid om hulle vaardighede en vernuf in die beste geselskap ten toon te stel. Dis krag teen krag en daar is nie veel sprake van weghol-oorwinnings nie.
Onder die ervare hand van mnr. Basjan Reinhardt, het die toernooi dadelik ’n hoogtepunt op die jaarlikse sportkalender geword. Aanvanklik was die toernooi net vir rugbyspanne geoormerk, maar danksy ‘n uitgebreide borgskap word daar sedert 2010 ook netbal gespeel. Vanjaar het 17 rugby- en 12 netbalspanne teen mekaar meegeding. Supersport beeldsend hoogtepunte van 8 van hierdie rugby- en 6 van die netbalwedstryde.
Skole wat vanjaar rugby gespeel het, is: Hoërskool Diamantveld, Grey Kollege, Paarl Gimnasium, Paarl Hoër Seunskool, Paul Roos Gimnasium, Hoërskool Outeniqua, Boland Landbouskool, Hoërskool Framesby, Hoërskool EG Jansen, Afrikaans Hoër Seunskool, Hoërskool Waterkloof, Hoërskool Monument, HTS Middelburg en Hoërskool Glenwood. Daar het ook 3 uitnodigingspanne deelgeneem. Daar is 8 wedstryde op Saterdag 30 April en nog 8 wedstryde op Maandag 2 Mei gespeel. Op Sondag 1 Mei het Vlok Cilliers, die Bull’s se skopafrigter, ’n skopkliniek aangebied.
Skole wat vanjaar netbal gespeel het, is: Hoërskool Diamantveld, Afrikaans Hoër Meisieskool, Hoërskool Rustenburg, Hoërskool Sentraal, Oranje Meisieskool, Hoërskool Menlopark, Hoërskool EG Jansen, Hoërskool Waterkloof, Hoërskool Monument, Paarl Gimnasium en Potchefstroom Gimnasium. Daar het ook ’n uitnodigingspan deelgeneem.
Dit sou glad nie moontlik wees om ’n toernooi van hierdie omvang sonder groot borge aan te bied nie. Wildeklawer is reeds die afgelope 3 jaar die hoofborg van die toernooi en ABSA, Tulbagh Wynkelders, Puma en Rugbytech is die ander ondersteunende borge. Mnr. Louis de Kock van Wildeklawer het tydens die toernooi aangekondig dat hy hulle borgskap met ’n verdere 3 jaar verleng.
Diamantveld is een van net 4 skole in Suid-Afrika wat deur die Duitse Pedagogiese Buitelandselandse Diens (PAD) aangewys is as “Partnerschule” (vennootskapskool).
Dit behels dat die Duits-onderrig deur die Padagogiese Diens ondersteun word in terme van leermateriaal, boeke, ‘n dataprojektor, skootrekenaar en ‘n witbord.
Die kersie op die koek is egter die aanstelling van ‘n onderwyser uit Duitsland wat deur die Padagogiese Diens besoldig word.
Mev. Susanne Baumgartner is vir twee jaar by Diamantveld aangestel om hand by te sit met die Duitsonderrig. Haar eerstehandse kennis is van onskatbare waarde vir ons ± 300 Duitsleerders.
‘n Deurslaggewende faktor by haar aanstelling was die feit dat ons Duitsleerders op nasionale sowel as internasionale vlak goed presteer. Elf uit veertien van 2009 se matrieks het met A-simbole geslaag. Vier van hulle het ook ‘n internasionaal- erkende Duitseksamen (Zertifikat Deutsch) met onderskeiding geslaag.
Celesté Groenewald (Gr.11) is op grond van haar besondere prestasie in die Nasionale Duitsolimpiade deur die PAD uitgenooi om ‘n maandlange studietoer deur Duitsland mee te maak.
Die feit dat 300 van ons leerders Duits as vak neem, was natuurlik ook ‘n deurslaggewende faktor by die PAD se besluit om DHS as ‘n vennootskapskool aan te neem.
Mev. Baumgartner is getroud met Peter (wat ook DHS se sokkerafrigter is) en hulle het twee kinders, Leo (13) en Eliza (12).
Marietjie Vos (DHS matrikulant 2007) was die hoofredakteur van ‘’Die Matie’’, studentekoerant van die Universiteit Stellenbosch vir die 2010-2011 termyn. Sy was in 2008 teksredakteur en in 2009 sub-redakteur (inhoud). Sy was die 70ste redakteur en maar die 7de vrou wat hierdie posisie beklee het.
Aan die einde van 2010 behaal sy haar BA-graad met lof en sy is tans besig met ‘n Meestersgraad in Taalwetenskap. Sy tree terselfdertyd as die departementshoof se assistent op.
Sy was een van twee Maties wat gekeur is om tydens die 2010-wintervakansie ‘n maandlange kursus by die Humboldt Universiteit in Berlyn by te woon. Die kursus handel oor die Duitse taal, kultuur en geskiedenis. Marietjie het hierdie kursus met ‘n onderskeiding geslaag.
As deel van die Universiteit van Stellenbosch se internasionale uitruilprogram, vertrek sy in Augustus 2011 na Amsterdam waar sy dan vir 6 maande aan die Universiteit van Amsterdam gaan studeer.
Een van haar kortverhale is in “Poort 2008” (amptelike publikasie van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns) en ’n ander in “Sweef en ander verhale”(LAPA uitgewers) opgeneem. Twee van haar gedigte verskyn ook in “Toulopers”. Laasgenoemde twee bundels word as voorgeskrewe werke in hoërskole gebruik. Van haar werke is ook in die Afrikaans Ekspo-bundel ‘’Jeugspraak’’ opgeneem.
Marietjie sing sedert Februarie 2008 in die Stellenbosch Libertaskoor.
Eljee du Plooy het in 2006 met 6 onderskeidings aan die Hoërskool Diamantveld matrikuleer. In 2007 het hy met sy B.Mus.-graad aan die Universiteit van die Vrystaat begin en hy is aan die einde van sy eerste jaar as lid van die Golden Key Honour Society toegelaat. Hy het in verskeie kunswedstryde presteer en in 2009 sy UNISA Graad 8-klaviereksamen met lof geslaag. Ook is hy genooi om aan die UNISA Suid-Afrikaanse Musiekstudiebeurskompetisie deel te neem en hy het ook by die galakonsert opgetree.
In 2010 het hy die Vrystaatse FAK-beurs vir Musiek en ‘n beurs in die finale ronde van die SAKOV (Suid-Afrikaanse Kerkorreliste-vereniging) orrelstudiebeurskompetisie ontvang.
Hy het in 2011 sy B.Mus.-graad cum laude ontvang en daarmee saam die Kunstetrust Akademiese Eerbewys vir die beste derdejaar student in Toegepaste Musiekstudie. Onder leiding van Jan Beukes is hy tans besig met ‘n B.Mus.Hons. (orrel uitvoerend).
Hy het in 2011 die Trinity College of London se LTCL (Licenciate of the Trinity College of London) se orreleksamen met 88% geslaag. In die Vrystaatse kunswedstryd het hy ‘n beurs van SAVO (Suid-Afrikaanse Vereninging vir orreliste) asook die beurs van die Sinodale Kommisie van die Vrystaat gewen.
In September 2011 neem hy aan die tweede rondte van die ATKV Muziq-kompetisie deel en pak ook sy UNISA Voordraerslisensiaat aan. Hy beplan ook om weer aan die SAKOV orrelstudiebeurskompetisie deel te neem.