Ons belê in goeie fasiliteite en die nuutste tegnologie en beweeg tans saam met ander groot skole na die voorgrond ten opsigte van moderne onderwystegnologie.  Nie alleen behels dit die installering van dataprojektors en interaktiewe witborde nie, maar dit vorm deel van ‘n groter plan om aan alle onderwysers en leerders toegang tot ‘n rekenaar met ‘n eie e-posadres te voorsien. 

Die uiteindelike doel is dan ook om met minder bevoorregte skole te skakel waar van ons klasse direk by hulle aangebied kan word.  Om die tegnologie effektief te gebruik, voorveronderstel behoorlike opleiding, dus skakel al die onderwysers by ‘n langtermyn opleidingsprogram in.

Daar is tans onderhandelinge aan die gang ten opsigte van 'n samewerkingsooreenkoms met 'n groot rolspeler in die Noord-Kaap. Hou gerus hierdie ruimte dop.