
Die groeiende aanvraag na verblyf, het daartoe gelei dat Diamantveld in 2011 ‘n tweede koshuis (die historiese Dugmore House) in gebruik neem. Die pragtige ou koshuis is netjies opgeknap en ingerig en aanvanklik gaan daar net Graad 8 en 9 seuns tuisgaan.
Mnr. Leon Victor en sy vrou, Paula, is die koshuisouers by Dugmore House terwyl mnr. MJ Smith en sy vrou, Veronica, steeds die leisels by die oorspronklike koshuis hou. Mnr. Victor is reeds meer as 20 jaar aan Diamantveld verbonde en is adjunk-hoof by die skool. Sy vrou is ’n tandarts in privaat praktyk. Hulle is die ouers van 2 dogters. Mnr. Smith is 'n voormalige provinsiale- en SA A-span rugbyspeler. Hy het tydens sy professionele loopbaan vir verskeie provinsiale spanne uitgedraf en ook in Italië klubrugby gespeel. As gekwalifiseerde afrigter is hy tans die rugbyhoof en afrigter van DHS se eerste rugbyspan en eerste Sewesspan. Mev. Veronica Smith is 'n dieetkundige in privaat praktyk. Die Smiths het nog nie kinders nie, maar leef met 'n passie vir jong mense en geniet hul rol as ''ouers van vele''.
DIE KOSHUISE BIED:
- Veilige en aangename huisvesting vir sowat 150 kinders.
- Opgeleide en gekwalifiseerde personeel wat tussen die kinders woon en goeie dissipline en Christelike beginsels verseker.
- Gebalanseerde etes soos deur 'n gekwalifiseerde dieetkundige aanbeveel.
- Stap-afstand vanaf skool, dorp, kerk en sportgeriewe.
- Bekostigbare losiesgelde.
- Baie ruimte en ontspanningsfasiliteite.
- Eie snoepie.
- Parkeerruimte vir bromponies en motorfietse
- Vasgestelde en verpligte studietye
- Vasgestelde tye vir Bybelstudie, lofprysing en dissipelklasse. (Bywoning is opsioneel.)
KOSHUISLEIERS 2011
Hoofleiers: Geoffrey Faber en Marette Badenhorst
Onderhoofleiers: Kobus Niemann en Jacomari Wolhuter
Graad 12's: Nico van der Westhuizen, DC Greyling, Inge Bellinghan en Anel Badenhorst
Graad 11's: LP Potgieter, Thys Joubert, Maderi de Kock en Phelicia Jacobs
Die koshuisgangers se sosiale lewe sluit in: sokkies, TV met DSTV, fliek, dorpsmiddae en die hoogtepunt: die jaarlikse dinee.
Daar is een verpligte inbly-naweek en twee verpligte uitnaweke per kwartaal, maar inwoners kan alle ander naweke huis toe gaan. Tydens ‘n inbly-naweek word daar onder andere op verskeie maniere gees gebou.
Die koshuise se visie is om vir plattelandse kinders ‘n veilige en huislike atmosfeer te skep waar hulle kan leer en ontwikkel.